Voorskoolse kinders

Daar is 2 byeenkomste vir die voorskoolse kinders.

  • Sondae tydens die eredienste (Sien onder onder Kleuterkerk)
  • Woensdae vanaf 15h00-16h00 in die Kleinsaal.

Ons  vergader woensdae middae met die voorskoolse maats en hul mammas/versorgers.  Ons staan bekend as die VERKLEURMANNETJIES.  Ons behandel verskillende lesreekse  en elke middag is daar tyd vir saam sing, saam gesels, saam leer en speel.  Ons hou die lesse kort en eenvoudig en probeer hulle betrek met ‘n aktiwiteit soos inkleur, verf of plak om die les se waarheid te kan saamneem huis toe.

Ouers/Mamma of versorgers is welkom om in te sit en deel te neem, sodat dit vir kinders veilig en gemaklik is.   Voorskoolse kinders van enige ouderdom is welkom.

U kan vir Theresa Appel by 0828084369  kontak vir meer inligting en vir die program.