Erediens tye

Ons eredienste begin Sondagoggende om 9h00.

Kinders gaan saam met hul ouers na die erediens.  Op Sondae wanneer daar kategese is, verlaat die voorskool tot graad 3 kinders die erediens vir Kinderkerk en kategese. Hulle ouers kan hulle na afloop van die erediens by die Kleinsaal kom haal.

Een maal per kwartaal word die  Nagmaal bedien en ook op Goeie Vrydag tydens die erediens. Sien die almanak vir die spesifieke datums.

Die eerste sondag van ellke maand is gewoonlik doopsondag, maar daar kan navraag gedoen word by die Skriba en leraars indien u op ‘n ander sondag wil doop.