Week van gebed: Psalm 23

PSALM 23 –

Die Here is my Herder, ek kom niks kort nie.

Hy laat my rus in groen weivelde.

Hy bring my by waters waar daar vrede is.  

Hy gee my nuwe krag.  

Hy lei my op die regte paaie tot die eer van sy Naam.

Selfs algaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie,

want U is by my.

In u hande is ek veilig.

U laat my by ‘n feesmaal aansit, terwyl my teestanders moet toekyk.  

U ontvang my soos ‘n eregas, ek word oorlaai met hartlikheid. 

U goedheid en liefde sal my lewe lank by my bly

en ek sal tuis wees in die huis van die Here tot in lengte van dae.

 

Van Sondagaand tot Dinsdagaand om 18h45 kom ons as gemeente bymekaar om saam te bid vir die jaar en vir verskillende sake.  Gisteraand was die sake waarvoor ons gebid het:  Dankbaarheid vir alles wat ons ontvang, gebed vir reen en gebed vir mense wat kanker het en deur kanker geraak word in ons gemeente.

Die tema van Ds Andre se boodskap was: Om vergenoegd te wees – om met dankbaarheid te leef.  Ons lees die heel week Psalm 23 saam en word gevra om elke dag van die week Psalm 23 met aandag te lees en te bid.

U is welkom om vanaand se byeenkoms om 18h45-19h45 in die kerk by te woon.  Kom luister en bid saam.

 

 

 

This entry was posted in Uncategorized. Bookmark the permalink.